EezeHealth

 

Home  l   Products  l  Health Articles  l  Links/Books  l  Ed McCabe  l  Spit Test  l  Testimonials  l   Newsletters 

 

HERXHEIMER SE RESPONS

 

Herxheimer se respons is die eerste keer deur die Duitse dermatoloog Dr Karl Herxheimer beskryf, en verwys na die liggaam se soms hewige en dikwels onaangename reaksie op die afsterwing van gis. ’n Ander term daarvoor is die ‘helingskrisis’. Herxheimer se respons mag op die oog af lyk soos iets ongewens wat vergelykbaar is met ’n newe-effek met die gebruik van medisyne, maar dit is eintlik ’n bemoedigende teken dat afsterwing van Kandida goed verloop.

 

Candida albicans, in Afrikaans bekend as Kandidiase of kortweg Kandida, leef normaalweg binne balans en skadeloos in die ingewande. Wanneer die balans egter versteur word, kan die Kandida vermenigvuldig en deur die liggaam versprei. Kandida stel gifstowwe vry wat die immuunstelsel verswak en die Kandida in staat stel om ander stelsels soos die asemhalingstelsel en die blaas in te val.

 

Die enigste teenvoeter vir Kandida is om die oorgroei daarvan onder beheer te bring. Die beste manier is deur ‘n streng dieet van voedsel wat die groei en verspreiding van Kandida teenwerk en dit vernietig. So dieet moet met antifungusmiddels (soos Candida Yeast Support) gekombineer word om doeltreffend te wees.

 

Meer as 300 siektesimptome hou met Kandida verband. Die dieet en aanvullings verneitig die gis, en die afval en gifstowwe wat deur die proses vrygestel word gee tot van hierdie onaangename simptome aanleiding. ’n Mens kan algemene siektesimptome soos naarheid, lyfseer en depressie ondervind, of selfs ervaar wat kan lyk soos ’n opvlamming van simptome in dele van die liggaam waar Kandida voorheen voorgekom het. Die reaksies kan baie onaangenaam wees, en soms sulke erge ongemak veroorsaak dat die lyer wil handdoek ingooi en die antigisdieet wil staak.

 

Die Herxheimer-reaksie is ’n hewige een, ongeag hoe te werk gegaan word om die Kandida te vernietig. Veral mense met ’n hewige parasitiese infeksie kan sterk reageer. Die gebruik van Candida Yeast Support kan die simptome vererger. Gis is iets wat van nature wil oorleef en vir oorlewing sal veg en dit is dáárom dat die simptome kop uitsteek of vererger. Dit is belangrik om nie moed te verloor nie; met ’n bietjie vasbyt is die stryd teen gis gouer liewer as later gewonne en is die onaangename simptome permanent iets van die verlede.

 

Daar is ook maniere waarop ’n mens die simptome kan verlig en die proses draagliker kan maak.

 

Dit is belangrik om so vinnig soos wat die Kandida vernietig word, sterk kolonies of hoë vlakke van verteringsbakterieë in die ingewande te hervestig. Gesonde vlakke van goeie, simbiotiese suur-produserende bakterieë maak die ingewande ’n ongunstige broeiplek vir gis. Dit is daarom ook baie belangrik om ’n pre- of probiotika soos Candida Yeast Support in die laaste deel van die antigisdieet te gebruik. Prebiotika ondersteun die groei van probiotika. Probiotika-aanvullings kan ook reg van die begin van die dieet af gebruik word.

 

’n Mens kan help om die liggaam se las te verlig deur ligter maaltye te eet, kos wat gewoonlik probleme veroorsaak te vermy, meer vloeistowwe te drink en in die algemeen geduldig te wees en die proses sy gang te laat gaan. Siektes en ontgifting kan groot eise aan al die organe stel en ons stelsels laat rem aandraai. Om van giftige chemikalieë, opgehoopte ingewandsafval, parasiete, Kandida, of van skadelike (patogeniese) bakterieë of virusse in die liggaam ontslae te raak, sal waarskynlik lei tot vertraagde dermdeurgang totdat die ontgifting ’n ent gevorder het.

 

Hardlywigheid moet ten alle koste verhoed word weens die gevaar dat die liggaam die gifstowwe en kandidiase metaboliete kan herabsorbeer. Boonop floreer mikro-organismes op stilstaande, ontbinde materiaal in die ingewande. Ou, saamgeperste ontlasting word nie deur normale dermbewegings deur die liggaam uitgeskei nie en spesiale stappe is nodig om daarvan ontslae te raak. Drink daagliks heelwat vloeistof, verkieslik gesuiwerde water, om die ontgifting aan te help.

 

Herxheimer se respons kan ook die emosies beinvloed, en andersom. Wanneer die reaksie emosionele steurnisse soos depressie, angs, paniek, aggressie, swartgalligheid of geirriteerdheid meebring, is dit moontlik die immuunstelsel wat reageer teen die teenwoordigheid van die oormaat gifstowwe in die bloedstroom. Dit beteken dat daar, bykomend tot die afsterwing van die gis, boonop ook ’n allergiese reaksie téén die gis is! Verder is stres ’n faktor wat in terme van Kandida gereeld geïgnoreer word. Stres is een van die grootste uitdagings wat ons immuunstelsels moet trotseer en dit plaas druk op bykans elke orgaan en stelsel in die liggaam. Stres kan Kandida aanhelp, selfs al word ’n baie streng dieet daarteen gevolg.

 

Kunsgebitte kan ’n voortdurende bron van herinfeksie wees. Aloe vera, druiwepitekstrak of propolis kan as ’n mondspoelmiddel gebruik word. Kunsgebitte kan ook oornag in aloe vera geweek word.

 

Vermy chemiese huishoudelike produkte en skoonmaakmiddels, chloorwater, motbolletjies, sintetiese kledingstowwe, en klam en muwwerige plekke soos kelders en solders wat teelaardes vir Kandida kan wees.

 

Soms blyk dit dat ’n anti-Kandida dieet alleen nie die gewenste uitwerking het nie. Dan met die moontlikheid van ’n parasitiese infeksie deur organismes soos Blastocystis hominis of Giardia lamblia oorweeg word, of dalk ’n oorgroei van potensieel skadelike bakterieë soos Klebsiella, Helicobacter of Citrobacter. Die teenwoordigheid van een van hierdie bakterieë sal nie net uit eie reg simptome meebring nie, maar kan ook die liggaam se vermoë om die Kandida onder beheer te bring, ’n ernstige knou gee. As bevredigende resultate nie verkry word nie, moet behandeling teen parasiete teen die einde van die dieet ingesluit word. Ozone is een van die beste behandelings – OXYCELL is beskikbaar by Eezehealth!

 

Sou simptome wat met Kandida verband hou verdwyn, maar voedselintoleransies word steeds na die dieet ondervind, kan ’n deurlaatbare derm, beter bekend onder die Engelse term ‘leaky gut’, die oorsaak wees. Om ’n deurlaatbare derm te behandel terwyl Kandida nog aktief perforasies in die dermkanaal veroorsaak, is gewoonlik geldmors. ’n Deurlaatbare derm moet daarom slegs aangespreek word nadat daar reeds begin is met die gebruik van antifungusmiddels en probiotika.

 

Baie mense ontdek dit is wel moontlik om weer goeie gesondheid te geniet as ’n mens die oorgroei van Candida albicans onder beheer kan bring.