EezeHealth

 

Home  l   Products  l  Health Articles  l  Links/Books  l  Ed McCabe  l  Spit Test  l  Testimonials  l   Newsletters  l  Order Online

 

DIE ROL VAN PH

 

Fisies gesproke is siekte en veroudering inderwaarheid niks anders nie as verrotting en roes. Verrotting is ’n onderliggende biologiese meganisme wat by alle aardse spesies voorkom, en roes is ’n proses van oksidasie.

 

Die liggaam se pH-reguleringstelsel

  

pH = potensiële hidrogeen (waterstof) 

Mate van konsentrasie van H-ione in stof of oplossing 

Gemeet op logaritmiese skaal

_______________________________

0                              7                              14

SUUR                                                     BASIS (alkalies)

 

H-versadiging

 

pH beheer die spoed van die liggaam se biochemiese reaksies 

Ensiemreaksies / elektrisiteitsvloei

 

▲ pH = meer weerstand

▼ pH = minder weerstand

 

Suur pH = warm en vinnig

Alkaliese pH = koel en stadig

 

 

 

Die afkorting pH staan vir potensiële hidrogeen (waterstof). Dit dui die graad van konsentrasie van waterstof-ione in ’n stof of oplossing aan. 

Hoër nommers beteken ’n stof is meer alkalies van aard en dat daar ’n groter potensiaal is om meer waterstof-ione te absorbeer. Laer nommers dui op meer suur met minder potensiaal om waterstof-ione te absorbeer. 

Die liggaam se pH is van groot belang omdat pH die spoed van die liggaam se biochemiese reaksies reguleer. Dit doen dit deur die spoed van ensiemaktiwiteit sowel as die spoed waarteen elektrisiteit deur die liggaam beweeg, te beheer. Hoe hoër (meer alkalies) die pH van ’n stof of oplossing is, hoe hoër is die elektriese weerstand van daardie stof of oplossing. Daarom beweeg elektrisiteit stadiger teen ’n hoë pH.

Alle biochemiese reaksies en elektriese (lewens-) energie word deur pH beheer.

 

Ter illustrasie van hoe pH kan beheer: Kyk ’n bietjie om jou rond. Is mense uitgeput en uitgebrand en is hulle geneig om gou kwaad te word? Is daar ’n toename in geweld? Dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan die feit dat mense deesdae geneig is tot ’n suur-pH. Ons drink koffie (suur) met ontbyt, eet burgers (suur) vir middagete, sluk dit af met yslike koladrankies (suur) en eet pizza (suur) vir aandete. Dit lei ons na die tweede deel van die metaboliese vergelyking van pH en spysvertering – pH word direk beheer deur wat ons in inneem, met ander woorde deur wat ons eet en drink. 

Voedsel bepaal die pH-omgewing 

Wat ons inneem . . . . . . . .

 . . . bepaal wat pH sal wees.

 

EN DIT sal ’n impak hê op ELKE metaboliese funksie in die liggaam. 

Elektriese stelsels, intrasellulêre aktiwiteit

gebruik van ensieme, minerale, vitamiene

 

Wanbalans?                         Kyk na pH

                                                pH bepaal deur

wat ons inneem 

Bekyk dieet histories

 

Laat voedsel jou medisyne wees.  Laat medisyne jou voedsel wees.

- Hippokrates  

Wat ’n mens eet en drink sal ’n impak hê op pH-vlakke, en die liggaam se pH beheer die aktiwitieit van elke metaboliese funksie in die liggaam. pH is die dryfveer agter die liggaam se elektriese stelsel en intrasellulêre aktiwiteit, en bepaal ook hoe die liggaam ensieme, minerale en vitamiene gebruik. Die liggaam se pH-vlak is die direkte gevolg van wat ons eet en drink. Wat ons eet en drink word direk met die werking van ons spysverteringstelsel verbind. Van die mond, deur die dunderm en tot by die kolon, speel die spysverteringstelsel die belangrikste rol van al die stelsels in ons algemene fisieke gesondheid. Dié stelsel, wat ons dit voed en hoe dit pH beinvloed, is die wesenlike kern wat bepaal of ons goeie gesondheid het of nie. Dit is werklik só eenvoudig.

 

Bloed – Die rivier van lewe 

Sou ’n mens ‘lewende’ bloed bekyk, sou ’n mens duidelik merk dat daar bakterieë, mikro-organismes en parasiete is wat nie net in die bloed leef nie, maar ook met tyd groei en van vorm kan verander. 

Om na bloed te kyk deur ’n mikroskoop is baie leersaam. Dit is wanneer ’n mens besef dat dit eintlik niks anders as lewende ‘goggas’ is nie wat in die bloed leef. Hierdie mikro-organismes en parasiete is ‘die swamme onder is’. 

 

donkerveld-mikroskopie 

Die mediese wêreld kyk nie na lewendige bloed nie,  maar ‘lewendig’ onder die donkerveld-mikroskoop.  Bloed IS lewe.

 

 Deur dié tipe mikroskopiese tegnologie te gebruik, het die Duitse bakterioloog Guenther Enderlein baie klein mikro-organismes ontdek wat hy protiste (die immuunstelsel) genoem het. Hierdie klein mikro-organismes floreer in bloedselle, in die plasma van liggaamsvloeistowwe, en in die weefsel, waar dit in harmonie met die liggaam saamleef in ’n simbiotiese, of wederkerig voordelige, verhouding. Enderlein beskou die protis as die liggaam se kleinste georganiseerde biologiese eenheid. Die interessantste aspek van hierdie mikro-organisme is sy vermoë om te verander om by sy omgewing aan te pas.

Daar is opgemerk dat wanneer daar ’n ernstige verandering of agteruitgang in die liggaam se inwendige omgewing is (hoofsaaklik aangetoon deur veranderings in die pH), dié mikro-organismes deur verskeie verskillende stadiums van sikliese ontwikkeling gaan, waardeur hulle vorder van skadelose organismes tot skadelike (patogene) bakterieë of swamme wat siektes veroorsaak. Uit hierdie navorsing kon Guenther biologiese verklarings gee vir baie van die degeneratiewe siektes wat deesdae algemeen in die Westerse samelewing voorkom. 

 

Bloed word deur pH beheer Ideaal rondom 7.3 

As bloed buite dié perfekte reikwydte skuif moet die mikro-organismes in die bloed (PROTISTE) verander om te oorleef. 

1000e vorme  →  oorkom verdedigingsmeganismes → veelvoudige siektetoestande

 

Bloed word deur pH beheer. Die ideale pH-vlak is binne ’n baie noue reikwydte rondom 7.3. Protiste leef in perfekte harmonie met die liggaam in ’n omgewing met ’n pH wat rondom 7.3 is. 

Wanneer die bloed se pH versteur word en buite hierdie reikwydte skuif, kan hierdie mikro-organismes nie meer leef nie. Om te oorleef, verander hulle na ’n vorm wat kan oorleef. Dit is hierdie nuwe vorme van mikro-organismes wat aggressiewe, parasitiese en skadelike (patogene) middels in die bloed word. 

Dr Enderlein beweer daar is duisende van hierdie aangepaste vorms en heelwat daarvan is in staat om die liggaam se beskermingsmeganismes te oorkom, wat tot baie verskillende siektes aanleiding gee.

 

’n Oormaat suur in die liggaam

 

Bloed onder die mikroskoop

 Bloed pH < > 7.3 beteken omgewingsverandering,

die kolloïede in die bloed (die bloedmikrobes)

verander, en kan patogenies word.

 

Simbiotiese verhouding

In ’n stadium van ontwikkeling,

vervul die nuwe vorm van bloedkolloïede

 ’n nuttige funksie, bv as bloedplaatjies.

 Maar buite hierdie noue simbiose wag moontlike chaos.

 

Die versuring van die liggaam, wat veroorsaak word deur ’n ongesonde eet- en leefwyse, gee aanleiding tot ’n oorvloed van die ‘swamme onder ons’ wat die liggaam verswak en wat, as dit nie reggestel word nie, uiteindelik tot die dood kan lei.

 Geneeskunde het bloed altyd as ’n steriele omgewing beskou, maar bloed is nie steriel nie, en is ook nie staties nie. Die bloedomgewing kan verander (hoofsaaklik deur dieet) en mikro-organismes in die bloed kan ontwikkel en ook verander. Hierdie tipe evolusie en verandering is oral in die natuur te sien.

 Sou ’n mens ’n bakkie met melk buite die yskas sonder verkoeling op die kombuistafel los, sal dit gou suur word. Word dit suur omdat ’n eksterne kiem in die melk inkom? Nee. Dit word suur omdat baie klein mikrobes wat reeds in die melk aanwesig was, van vorm verander om by die veranderde omgewing of bio-terrein aan te pas.

 

Die menslike liggaam streef daarna om die pH-vlak van die bloed rondom 7.3 te handhaaf. Bo of onder hierdie vlak kan die kolloïed in die bloed saamsmelt tot vorms wat nie noodwendig tot die liggaam se voordeel is nie. Dit kan in patogeniese, of skadelike, mikrobes verander.

 Die liggaam is ongelooflik – as ’n mens reg daarmee saamwerk, in plaas van daarteen, is dit in staat tot fantastiese self-genesing.

 

Die liggaam se pH – die skakel met elektrisiteit

 Soos die bloed meer suur raak, skakel vetsure wat gewoonlik elektromagneties as negatief gelaai is, oor tot positief en word dit outomaties aangetrek en begin aanpak teen die wande van are wat elektromagneties negatief gelaai is. (Soos wetenskap dit beskryf: teenoorgesteldes trek mekaar aan, of ‘opposites attract’.) Dit behoort sin te begin maak dat ’n samelewing wat klem plaas op kos wat hoër suurgehalte het, ’n hoër voorkoms van hartsiektes sal hê. pH-Kontrole beinvloed elke enkele biochemiese proses in die liggaam, insluitend die honderde ensiemprosesse wat in die liggaam plaasvind. Baie is só spesifiek dat dit is soos ingewikkelde ratte wat perfek in mekaar moet inpas om ’n ingewikkelde ratkas te laat werk. As bloed-pH selfs net ’n bietjie buite balans is, kan hierdie ‘ratte’ nie perfek pas nie. Ensiemfunksie en daarom lewe self, begin daaronder ly.

 Die opname van minerale word ook deur pH geraak. Minerale word teen verskillende pH-vlakke deur die liggaam opgeneem. Minerale aan die laer kant van die atomiese skaal kan binne ’n wyer pH-reikwydte opgeneem word, en minerale hoër op die skaal vra ’n al nouer pH-reikwydte om deur die liggaam opgeneem te word. Byvoorbeeld . . . . .

 Natirum en magnesium het wye pH-reikwydtes. Die reikwydtes word kleiner vir kalsium en kalium. Jodium, soos reeds bekend is, is een van die belangrikste minerale om die doeltreffende werking van die SKILDKLIER te verseker. Maar die skildklier kry slegs toegang tot jodium as die liggaam se pH so te sê perfek is.

In ’n samelewing wat grootliks in ’n toestand van ongebalanseerde pH is, kan ’n mens ’n hoër voorkoms van skildklierprobleme verwag. Skildklierprobleme is al met artritis, hartaanvalle, diabetes, kanker, depressie, oorgewig, moegheid en ander siektes verbind. Hoofsaaklik weens uitputting van landbougrond en die verbruik van kos met ’n hoë suurgehalte, is mineraaltekorte ’n groot probleem waarmee die hedendaagse mens te doen het.

 Die liggaam se minerale-inhoud en -balans beheer die hoeveelheid elektrisiteit in die liggaam.

 Die spoed waarteen elektrisiteit vloei, word deur die liggaam se pH-vlak beheer.

  

Die verband tussen pH-balans en minerale

 

pH-bufferingstelsels is ingewikkelde biochemiese prosesse wat voortdurend in die liggaam plaasvind in ’n poging om die bloed se pH so naby aan perfek as moontlik te hou. Hierdie bufferingstelsels benodig ’n goeie balans van minerale om doeltreffend te werk. As ons ontoereikende minerale-opname kry van die kos wat ons eet, gaan ons begin om probleme met ons pH-balanseringstelsels te ondervind.

En as pH wel van balans is, wat is die uitwerking? Noem enige siekte, en jy sal vind daar is ’n wanbalans wat daaraan gekoppel kan word. Kanker, artritis, diabetes, hartsiektes, chroniese moegheid, allergieë, obesiteit, noem maar op. As jy nie goed voel nie, is een van die basiese dinge wat tussen jou en perfekte gesondheid staan, jou liggaam se pH.

Het jy geweet . . . . . minerale is net so belangrik, indien nie meer belangrik nie, as vitamiene.

Minerale is ko-ensieme. As minerale afwesig is, kan vitamiene nie hulle werk doen nie. Baie minerale word spoorelemente genoem, wat die indruk wek dat hulle van min waarde is. Minerale en hulle tekorte is al in ’n wye verskeidenheid van siektes wat weens wanbalanse ontstaan, uitgewys.

Hier is ’n paar voorbeelde:

Deur die dieet met chromimum en vanadium aan te vul kan ’n mens diabetes help voorkom en is diabetes selfs al omgekeer, omdat vanadium glo in sekere gevalle insulien kan vervang.

’n Kopertekort is al aangedui in aneurismes (brein, aorties, ens). Te veel koper kan die brein irriteer.

Magnesium is heel waarskynlik die belangrikste mineraal om die voorkoms van hartvatsiektes te verminder. (Die jongste navorsing wys dat hartsiektes eintlik ’n funksie van hartspierasidose, of ’n oormaat suur in die hartspier, is.)

Boor help om kalsium in bene te behou, help vroue om estrogeenvlakke te handhaaf en help mans om testosteroon te behou. Boor affekteer wakkerheid en waaksaamheid. Boor help teen artritis.

Kalium en magnesium (saam met organiese natrium of sout) is van die belangrikste minerale om die elektriese eienskappe van die sel te herbalanseer, om te veel suur te elimineer en om kalsium te help balanseer. Wanneer kaliumvlakke laag is kan mense irrasioneel optree.

Magnesium help om elektriese boodskappe tussen al die neurone in die liggaam te gelei.

Sink is betrokke in meer as 200 brein-ensiem-interaksies. Deur sink gemeng met gedistilleerde water te drink kan anorexia nervosa glo binne ’n dag gestop word. Sinktekorte kan tot ’n verlies aan reuk en smaak lei. Sinktekorte in kinders lei tot buierigheid, depressie, geirriteerdheid, ligsensitiwiteit, stryerigheid, uitbarstings en leerprobleme.

Enersyds, aandagafleibaarheidsindroom (AAS) kan in baie gevalle opgelos word deur spoorelemente te balanseer. Dit is nie nodig om ons kinders te bedwelm nie.

Sigaretrook is ryk aan kadmium (die blou kleur in rook). Kadmium is die sterkste neurotoksien bekend. ’n Lae sink / hoë kadmium verhouding word met leerprobleme verbind. Sink is nodig om kadmium te balanseer.

Jou siektes is in perfekte balans met jou liggaam.

Hierdie stelling behoort vir jou sin te begin maak. Wanneer jou liggaam se minerale in wanbalans is, is jou gesondheid ook. Wanneer jou liggaam se pH en basiese metaboliese prosesse in wanbalans is, skep dit die inwendige omgewing wat ’n teelaarde word vir die kansvatters – bakterieë, virusse, swamme ens.

Verander jou bloed, en jou bewustheid sal verander.

Verander jou bewustheid, en jou bloed sal verander.

 

Die biochemiese prosesse agter pH-vlakke in die liggaam

Biochemiese prosesse lê die gronslag vir die liggaam se verrottingsprosesse. Dit is die proses van pH-verandering en verstelling op bloed- en selvlak. Kyk ’n bietjie na die proses van voedselmetabolisme en hoe jou liggaam die metaboliese neweprodukte van voedselinname hanteer.

Een van die neweprodukte van voedselmetabolisme is koolstofdioksied, ook bekend as koolsuurgas (CO2). Soos jy weet, is longrespirasie of asemhaling een van die maniere waarop die liggaam van koolsuurgas ontslae raak – dit gebeur elke keer wat jy uitasem. Om egter van al die koolsuurgas ontslae te raak wat deur normale metabolisme gevorm word, sou die longe ’n asemhalingstempo benodig wat bo dié van normale asemhaling is. Om hierdie verhoogde tempo vol te hou sou inderdaad baie moeilik wees. Daarom moet ander meganismes intree om te help om van die oorskot ontslae te raak:

  • Die CO2 bind met ammoniak (wat gevorm is deur oksidasie of glutamien), verander in die lewer in ureum en word deur die niere uitgeskei.
  • Die koolsuurgas bind met water deur ‘n proses wat die ko-ensiem koolstof-anhidrase en die ko-ensiem-mineraal sink gebruik. Deur hierdie proses word koolsuur gevorm, wat afbreek tot waterstof en atome/molekules van bikarbonaat.

 Let op dat ons waterstof noem. Waarvoor staan die afkorting pH? Potensiële hidrogeen (waterstof). Wanneer ons van waterstof praat, praat ons van potensiële sure. Wanneer ons van bikarbonate praat, praat ons van basisse (alkalies). Sure is ’n normale newe-produk van metabolisme. Die liggaam beskik oor die meganismes om van die sure ontslae te raak. MAAR slegte eetgewoontes, vlak asemhaling, te min of geen oefening, blootstelling aan gifstowwe ens. kan tot lewerstres en wanfunksie van die niere lei. Die sure in die liggaam is nie altyd in staat om van die gifstowwe ontslae te raak nie. Wat staan die liggaam te doen? As die liggaam nie van die gifstowwe ontslae kan raak nie, moet die liggaam dit stoor. Wanneer die liggaam ’n oormaat gifstowwe het waarvan dit nie ontslae kan raak nie, word dit gestoor vir latere verwydering. Waar? In die interstisiële ruimtes, ook genoem die ekstrasellulêre matrys – die ruimtes rondom die selle, die mesenchiem.

Wanneer die liggaam ’n waterstof molekule/atoom/proton (die suur) in die ekstrasellulêre matrys stoor, glo die liggaam dat die suur weldra verwyder sal word. Daarom, om in balans te bly, weet die liggaam dat vir elke suurmolekule wat in die weefsel gestoor word, ’n gelyke molekule van bikarbonaat of basis in die bloed geplaas moet word omdat dit weldra die suur uit die liggaam sal moet vergesel.

Dít is die liggaam se ongelooflike kompensasiemeganisme in aksie. Wat ons hier sien is die pH-interaksie tussen die bloed en die weefsel. As die liggaam met suur oorlaai is, stoor dit die suur in die weefstel (die weefsel se pH daal) en die bloed kompenseer en word alkalies (die bloed se pH styg). Is dit belangrik? Ons is besig om die oppervlak van die liggaam se verrottingsmeganisme te begin krap; dit wat gebeur as die suur nie die geleentheid kry om die liggaam te verlaat nie, en ophoop.

Die suur-mineraal monster

  

Wanneer ons na waterstof in die liggaam verwys, praat ons van potensiële SURE.  Bikarbonate – basisse/alkaliese stowwe

 SURE is ’n normale newe-produk van metabolisme

  

Soos meer suur in die liggaam opbou, word dit gestoor en verder die liggaam ingestuur, tot dit uitendelik in die selle opeindig. Die eerste ding wat gebeur as die suur in die sel beland, is om daardie kalium, en dan die magnesium en natrium te vervang. Dié drie is kritieke minerale in die liggaam. Die kalium en magnesium sal die liggaam verlaat, maar die natrium sal behou word as ’n verdedigingsmeganisme.

Onthou, die liggaam weet dit moet ’n alkaliese molekule in die bloed plaas om die stygende suur wat in die selle en weefsel gestoor word, uit die liggaam te vergesel. Wat dit dikwels doen is . . . . . DRAW.

 

KALIUM  -  MAGNESIUM  -  KALIUM  -  NATRIUM

 

Hierdie vier minerale is die kontrolerende minerale vir die liggaam se simpatiese en parasimpatiese senuweestelsels. Die simpatiese senuweestelsel (SSS) help om die liggaam op aksie voor te berei en beheer ons ‘veg of vlieg’ reaksiemeganisme. Die parasimpatiese stelsel (PSSS) is betrokke by alledaagse liggaamsfunksies soos spysvertering, slaap en die uitskei van afvalprodukte. Dit werk soos volg:

 

KALSIUM       Stimulerende mineraal vir die SSS. 

MAGNESIUM            Inhiberende of stremmende mineraal vir die SSS. 

KALIUM         Stimulerende mineraal vir die PSSS. 

NATRIUM      Inhiberende of stremmende mineraal vir PSSS.

 Wanneer ’n suur toestand in die liggaam teenwoordig is, stimuleer ’n oormaat vrye kalium die SSS. Magnesium is nie beskikbaar om balans te gee nie. Kalium is uitgeput, so die PSSS word nie gestimuleer om die SSS te neutraliseer of teen te werk nie, en die SSS word eintlik verder geinhibeer deur natrium, waaraan die liggaam nou vasklou weens die verlies aan kalium en magnesium. Wat gee dit jou? ’n Mens wat suur is, moontlik geneig is daartoe om uit te vaar, hiperaktief te wees en gou kwaad te word, en besig is om uit te brand.

 Soos suur in die liggaam opbou, word dit gestoor en na die weefsel gestuur. Die deel waarheen dit versprei word gaan tien teen een dié deel van die liggaam of die orgaan wees waar jy probleme ondervind.

  

Suur/Basis – Weefsel/bloed Biochemie

  

Wanneer jy oud word, kanker kry, siektes ondervind, is deel van die proses dat jy BESIG IS OM AAN DIE BINNEKANT TE VERROT.

Dit is ’n biochemiese proses wat deur biochemiese beginsels gedryf word.

 

 -----   Evolusie van Mikrobes  -------

 

Mikrobes begin hul lewens as kolloied – ’n baie klein byna onbenulligheid – lig tot lewe – Anton Leeuwenhoek se eerste eksperiment.

 Soos mikrobes ontwikkel, gaan dit deur verskeie stadiums, selfs ’n virale een.  Uiteindelik ontwikkel dit in swamme (fungus).

 

Dit word pleomorfisme genoem, en is iets wat alle mikrobes kan ondergaan, gegun die regte tyd en ’n gewenste ongewing.

 

Dit sluit die bloed in, waar mikrobes in oorvloed voorkom. Dit is deel van die VERROTTING-meganisme wat ingebore aan alle soogdiere is.

 

’n Visuele kykie na hoe ons verrot Die mikroskoop leer ons baie van die VERROTTING-teorie van veroudering en siekte.

 

Hoe vinniger lewende bloed versleg op ’n mikroskopiese plaatjie, hoe vinniger is

die pasiënt besig om binnekant te verouder en agteruit te gaan.

 

 Wanneer die liggaam ’n molekule van oormaatsuur stoor, sal dit daarvoor kompenseer deur ’n ekstra alkaliese atoom/molekule in die bloed te plaas. Daarom word die bloed al meer alkalies. Nou gebeur iets interressant met die opname van suurstof wanneer die bloed uitermate alkalies is. Met stygende alkaliniteit kan rooibloedselle hulleself met suurstof versadig. Die probleem is dat hulle dit nie kan vrystel nie. As die bloedselle nie die suurstof kan afstaan nie, kan die suurstof nie by die ander selle in die liggaam uitkom nie. Kan jy onthou wat Otto Warburg oor kanker ontdek het? Dit groei in ’n omgewing waar daar ’n tekort aan suurstof is. Kom ons gaan verder.

 Ons het alkaliese bloed weens die feit dat ons toenemend suur weefsel en/of selle het wat iewers in die liggaam voorkom. Ons het alkaliese bloed wat nie suurstof kan vrystel om die toenemende suur omgewing te belug nie.

Nou het ons ’n suur omgewing met geen suurstof nie.

Hoe kan enigiets in hierdie omgewing oorleef?

Deur anaërobiese fermentasie. Wat fermenteer anaërobies? Gis, skimmel en swamme.

As kanker floreer in ’n anaërobiese omgewing, wat is kanker? As jy geantwoord het dit is gistende skimmel en swamme, kry jy ’n goue ster. Hoekom is dit van belang? Want dit is ’n deel van die storie agter veroudering, siektes en die verrottingsproses wat bevestig wat pleomorfiese wetenskaplikes nog altyd geweet het oor MIKROBES: dat ALLE mikrobes sal verander om by hulle omgewing aan te pas. Wanneer jy oud word, kanker kry en/of ander siektes opdoen, is deel van die proses dat JY BESIG IS OM AAN DIE BINNEKANT TE VERROT. En die verrotting, soos dit biologies in die menslike liggaam ’n toppunt bereik, begin met ’n mikrobe wat ons aan die beginstadium geidentifiseer het as ’n protis.

Die evolusie van mikrobes

Soos ’n mikrobe ontwikkel, en jy sy terrein of gekweekte omgewing verander, sal jy sien dat dit deur verskeie bakteriële stadiums gaan, ie. ronde vorme, staafvormige vorme, en selfs na virusvorme. Maar uiteindelik sal ALLE mikrobes as SWAMME eindig. Hierdie swamkulminasie kan oor deur giskulminasie vervang word.

Wat ons bring by bloed. Mikrobes bestaan in bloed. As die bloedomgewing, of pH, verander, verander die mikrobes van vorm: bakteries – viraal – gis – swamme. Voorsien aan dit die aangewese terrein (of meer korrek, die ongewenste terrein) en ons kry VERROTTING. Dit is deel van die verouderings- en siekteproses.

 Die liggaam se sellulêre kragopwekker

 Elke sel in jou liggaam het sy eie kragopwekker. Die stookoond vir dié opwekker is die mitochondria. Die mitochondria is die krapopwekker binne elke sel in die liggaam.

 

REDUKSIE            Die Chemie

OKSIDASIE             van Lewe

REDOKS

 

Die vloei van lewe beweeg saam met die vloei van elektrone Voedsel tot energie.

 

Koolhidrate – glukose – aan sel gelewer – pirodruiwesuur (GLIKOLISE)

 

Pirodruiwesuur  -  asetiel CoA  - mitochondria Krebs ‘spin cycle’ – elektronoordragsketting

 

 Tuiste van die ‘BROMMERS’ 

Bakterieë

Probiotika – Vir lewe

Antibiotika – Teen lewe

 

Probiotiese bakterieë ondersteun lewensprosesse

 Die primêre probiotiese bakterieë van die dunderm is Lactobacillus acidophilus.

Van die dunderm, Bifidobacterium Bifidum (bifidus).

 

Die goeie ouens vs die slegte ouens

 

Guanadien

Alloxan    

GIFSTOWWE                   Methyl Colanthrene

Kandida (gis)

Asetieldehied

 

PARASIETE

Ondergewig  /  Oorgewig

Die dood begin in die dikderm.

  

Met erkenning aan Steven Denk, VSA