EezeHealth

 

Home  l   Products  l  Health Articles  l  Links/Books  l  Ed McCabe  l  Spit Test  l  Testimonials  l   Newsletters  l  Order Online

 

OxySilTM   Skoonheid en Gesondheid

 

Almal word gebore met ’n voorraad Silika wat noodsaaklik vir jou liggaam is.  Silika is die tweede mees beskikbaarste element op aarde. Jou voorraad daarvan neem af met ouderdom. Silika kom min in ons voedsel voor en is tog noodsaaklik vir sterk gesonde hare, naels en vel. Al ons bene, are, immuun sisteem en verbindings weefsel moet Silika kry, spesifiek ons bloedvate en hart weefsels soos ons ouer word en ons diëte verskaf nie genoeg nie.

 

Silika in die liggaam is noodsaaklik vir beenvorming en verbindings weefsel. Sonder Silika is gesonde hare, vel, naels en buigsame are onmoontlik. Dit kan uiters voordelig wees om jou daaglikse Silika inname aan te vul.


Silika aanvulling kan kollageen 1 (een) laat toeneem in groeiende bene.  Alle mense van enige ouderdom kan voordeel trek uit been ondersteuning. Soos ons liggame verouder gebruik dit meer Silika, maar is nie in staat om dit so maklik en vinnig te vervang soos wanneer mens jonk is nie. Silika aanvulling word kritieser as ons ouer word. Dit mag veroorsaak dat bene potensieel verswak en re-mineraliseer asook bydra tot die afname van kraakbeen tussen die gewrigte. Wanneer Silika vlakke toeneem, kan die liggaam dit gebruik om vaskulêre steun te laat toeneem en die integriteit van verbindings weefsel te herstel.  Genoeg Silika kan ook die verouderingsproses vertraag omdat dit die immuunstelsel ondersteun. Ons maak nie mediese stellings nie. Vra jou dokter omtrent die sellulêre noodsaaklikheid van Silika in die liggaam.


Silika afname in mense verskil van individu tot individu rakende metabolisme en eetgewoontes. Dit wissel gemiddeld van 10 mg tot 40 mg per 24 uur periode. Silika verlies is konstant en onvermydelik. Silika behoort in enige aanvullings of diëte ingereken te word. Kortliks, ons liggame het Silika nodig om te herstel en om  gesondheid en vitaliteit te handhaaf.  Dit is noodsaaklik in bene, kraakbeen, vel, bloedvate, senings en kom selfs in bloed voor, asook belangrike organe soos die lewer, hart en longe.

 

Daar is baie redes vir Silika aanvulling en Eezehealth het ’n superieur produk ryk aan Silika  - OxySilTM!

 

Silika is een van die elemente wat se lys van voordele net groei met die tyd. Neem in ag die rol wat Silika speel ten opsigte van handhawing en jeugdige voorkoms van hare, vel en naels asook siekte voorkoming. Silika is naas suurstof die tweede oorwegende element op aarde. In sy kristalvorm (silikon of kwartskristalle) is dit die mees oorvloedigste element in die aarde se kors. Silika kom ook in plante voor.

 

Silika is in 1972 deur die gesondheid-en wetenskaplike gemeenskap erken as ’n essensiële spoorelement. Navorsing op die uitsonderlike element word steeds gedoen, maar in ’n studie in 1990 is gevind dat dit ’n absolute noodsaaklikheid is vir die behoorlike funksie van vel, ligamente, senings en bene. Silika aanvullings word daagliks deur miljoene mense geneem om hulle bene, verbindings weefsel, hare en vel te versterk en verbeter.

 

Silika versterk en maak soepel. Dit is duidelik waarom krag en soepelheid belangrik is vir vel en bene. Ook belangrik is dat Silika die bloedvate ondersteun, wat die weer die hart se gesondheid beïnvloed.

 

Per mond geneem, word Silika maklik geabsorbeer deur die ingewande. Dit word maklik en vinnig uitgeskei, so daaglikse inname is belangrik. Omdat dit wateroplosbaar is, “bou” dit nie op in die liggaam nie. Daar is geen studies wat gevind het dat daar negatiewe effekte is van “te veel” Silika nie. Gereelde gebruik kan ’n groot verskil maak in die kwaliteit van jou lewe in die later jare.

 

OxySilTM is ‘n uitstekende manier om hierdie belangrike element in te neem.