EezeHealth

 

Home  l   Products  l  Articles  l  Links/Books  l  Ed McCabe  l  Spit Test  l  Testimonials  l   Newsletters  l  Order Online

 

Wat is osoon?

Ongeveer 20-30 km bokant die aarde word suurstof (O2) in osoon (O3) omgeskakel deur die ultraviolet strale van die son.  Osoon word ook gevorm wanneer daar 'n storm is, en weerlig maak kontak met die suurstof in die lug.  Dit is wat so heerlik skoon ruik na 'n donderstorm.  Osoon word ook gevorm wanneer watervalle en branders (H2O) op rotse val.

Chemies gesproke is osoon dus 'n suurstof (O2) met 'n ekstra molekule O aangeheg.  Elektries gesproke is osoon suurstof met 'n hoër energie lading.  Daarom is dit onstabiel (gaan maklik terug na O2) en reaktief.

Osoon as terapeutiese middel

Osoon is 'n baie veilige mediese terapeutiese middel, en kan intra-veneus (IV), oraal (in water), rektaal (as gas) of op die vel (as gas, in water of in 'n oliebasis) toegedien word vir die behandeling van honderde mediese toestande, sowel as die voorkom van mediese probleme.

Honderde verskillende siektes het almal een faktor in gemeen - die onderliggende oorsaak.  Hierdie oorsaak is 'n gebrek aan suurstof (O2), bekend as hipoksie, op sellulêre vlak.  Die gereelde gebruik van osoon in die huis kan beskerming verleen reen algemene siektes, sodat immunisasie nie meer nodig is nie.  Deur gereeld osoon te gebruik word siektes voorkom, en is dit nie nodig om in die latere jare die effek van toksiese opbou in die vorm van siektes teen höe kostes te behandel nie.

Hoe werk osoon behandeling?

Ten einde die werking van O3 te verstaan, is dit nodig om die funksie van O2 te verstaan.

Suurstof is die belangrikste komponent vir lewe.  Die mens kan vir 'n week sonder water oorleef, en sonder kos vir 'n maand, maar net 4 minute sonder O2 voordat permanente breinskade intree.  O2 is die lewensgewende en lewensonderhoudende element, en alle liggaamsfunksies benodig O2.  Deur middel van oksidasie vorm die liggaam hitte en energie van sy kos, en skei mikrobes en afvalprodukte af. 

Die menslike liggaam bestaan uit water, waarvan 90 % limf en 10% bloed is, en ook uit O2.  Die sel funksioneer deur suiker in die teenwoordigheid van O2 te verbrand wat energie voorsien.  Die afvalprodukte is koolstofdioksied en H20.  As daar nie voldoende O2 is nie word koolstofmonoksied en laktaatsuur gevorm.  Koolstofmonoksied verhoed die rooibloedselle om vars O2 op te neem, en die liggaam se tempratuur word verlaag.  Die laktaatsuur bou op in die sisteem, blokkeer senuweebane, verkalk en veroorsaak uiteindelik degenerasie.  Meer O2 is dan nodig om hierdie gistowwe aftebreek.  Baie gifstowwe word in bloed vervoer, en sommige word in die vetselle geberg.  Die waterinhoud van die liggaam word al hoe meer besoedel, en siektes is dan die gevolg.

Verder is selle wat te min suurstof het nie instaat om hulself te beskerm d.m.v. die vervaardiging van 'n spesiale ensiemlaag op die seloppervlakte nie, en kan virusse en bakteriëe heel maklik die sel infiltreer. 

Suurstof  is dus nodig vir goeie gesondheid, en hoe meer O2 daar in die liggaam is, hoe meer energie het die liggaam, en hoe meer effektief kan die liggaam van gifstowwe en afvalprodukte ontslae raak.  Oksidasie is dus baie belangrik vir die ligaam se metalobolisme, bloedvloei, respiratoriese stelsel en spysverteringstelsel.  Voldoende O2 laat die liggaam toe om homself te genees en die immuunsisteem te onderhou.

Wat doen osoon?

·         Inaktiveer virusse, bakteriëe, swamme, ens.: Siekteveroorsakende kieme het nie 'n beskermende ensiemlaag nie, en dus kan osoon die kiemselle binnedring en dit oksideer (vernietig die selmembrane deur oksidasie), inhibeer ook selgroei.

·         stimuleer die immuunsisteem: O3 veroorsaak 'n verhoging in rooibloedselle (RBS) sodat meer O2 in weefselselle vrygestel word.

·         maak bloedvate skoon.

·         verbeter bloedvloei: O3 verminder klontvorming ("clumping") van RBS sodat selle se O2-draende kapasiteit verbeter en RBS beter deur die are vloei.

·         maak bloed en limf skoon: O3 oksideer gifstowwe in bloed sodat dit afgebreek kan word.  Die aanwending van O3 in donorbloed kan die oordrag van hepatitis, VIGS, sifilis en ander infeksies verhoed. Word sedert 1950 in Duitsland gebruik om donorbloed te steriliseer.  Die Kanadese Rooikruis ook navorsing op hierdie gebied.

·         normaliseer hormoon en ensiem produksies. 

·         verminder inflammasie en pyn.

·         stop bloeding.

·         voorkom skok en skade weens beroerte.

·         verminder kardiale arritmie.

·         verbeter brein funksie en geheue.

·         cheleer swaar metale.

·         voorkom degeneratiewe siektes en maak dit omkeerbaar.

·         voorkom en behandel oordraagbare siektes.

·         voorkom en elimineer outo-immuun siektes.

·         behandel kanker: O3 inhibeer kankerselle se metabolisme, dit oksideer die kankersel se selmembraan sodat die selwand afgebreek word, en stimuleer die werking van fagosiete (doderselle wat kankerselle moet afbreek).

Osoon is nie 'n farmaseutiesvervaardigde middel nie, en ook nie 'n "goue koeël" waarmee alle siektes "geskiet" kan word nie.  Dit is 'n terapeutiese hulpmiddel wat die liggaam help om homself gesond te maak.  Dit is dus belangrik dat die immuunsisteem nog steeds funksioneer.

Erkenning aan Dr Ilona Visser, IRV Smile Studio, www.jouglimlag.co.za.