EezeHealth

 

Tuisblad  l   Produkte  l  Artikels  l  Skakels / Boeke  l  Ed McCabe  l  Spoeg toets  l  Getuigskrifte 

 

WIE IS "Mr Oxygen, ED McCABE?

 

Ed McCabe het ’n graad in Opvoedkundige Media van die Universiteit van Massachusetts. Hy is ’n vooraanstaande internasionale skrywer, lektor, konsultant en promotor van Suurstof-en Osoon terapie. Sy betrokkenheid met gevorderde geneeskunde en metodes strek oor  25 jaar. As ’n joernalis het hy alleenlik gefokus op die studie van Osoon terapie. Gedurende die 12 jaar van intensiewe ondersoek, navorsing, eksperimentering, onderhoude en het hy persoonlik met duisende Osoon terapie gebruikers en verskaffers onderhoude gevoer. Hy word erken as top internasionale kenner op die gebied van die gebruik van suurstof en osoon vir gesondheid en omgewingsbewaring doeleindes.

Ed McCabe het in meer as 1,500 TV, radio, en lesings opgetree. Sy 1988 beste verkoper “Oxygen Therapies” het meer as 250 000 kopieë verkoop sonder die hulp van ’n groot uitgewer. Nou, na nog 14 jaar van intensiewe internasionale navorsing, besoeke aan klinieke, lesings en onderhoude met duisende suksesvolle osoon gebruikers, kondig hy aan - die beste Osoon Terapie boek in die geskiedenis. Sy boek, “Flood Your Body with Oxygen”  is ’n top verkoper in Amerika.

 

Die boek ondersoek eerlik  al die verskillende Osoon Terapie en elke aspek aangaande die ontstaan, geskiedenis en gebruik daarvan.  “Flood Your Body with Oxygen” sluit ‘n ryk geskiedenis van getuienisse en beskikbare mediese verwysings en ondersoek die verskillende terapie en hul gebruike in detail.

MENSLIKE GESONDHEID EN SIEKTES

Die mees algemeenste oorsaak van menslike siektes en sterftes wêreldwyd, is anaërobiese mikrobes. Siektes kan in nie suurstof leef nie! Anaërobiese mikro organismes kan nie in suurstof oorleef nie. Anaerobes wat in water voorkom is die hoof oorsaak van siektes in die wêreld, tog kan hulle  heeltemal goedkoop en maklik uitgeskakel word deur spesiale vorms van suurstof in water te sit.

Hier is die groot geheim wat nie in mediese fakulteite onderrig word nie.  Ons liggame bestaan grootliks uit water, en ons selle moet genoeg suurstof kry. Jy kan veilig en korrek spesiale vorme van suurstof in jou liggaam kry. Wanneer jy genoeg suurstof in jou liggaam het is daar niks wat kan verhoed dat die suurstof groot hoeveelhede mikrobes wat siektes veroorsaak kan vernietig nie. Dit is nie ’n teorie nie, en" Mr. Oxygen," Ed McCabe bied jou meer as ’n honderd jaar se Europese en Amerikaanse navorsing, toetse en aanwending van verskeie vorme van suurstof as bewys. Behoorlik aangewend, kan jy maklik en veilig van die meeste siektes ontslae raak.  Hierdie boek dui praktiese metodes aan om dit te illustreer.


DIERE GESONDHEID EN SIEKTES
Die mees algemeenste oorsaak van diere siektes en sterftes wêreldwyd, is anaërobiese mikrobes.  Diere (troeteldiere en wat ons voedsel opmaak), raak siek, net soos mense. Hulle kan ook siektes en parasiete na jou oordra. Net soos in mense is anaërobiese mikrobes die hoofoorsaak van siektes in diere. Deur spesiale vorme van suurstof te gebruik kan jy goedkoop en maklik ontslae raak van diere siektes. Baie siek diere, wat al vir dood opgegee is, wie se immuun sisteem al “uitgebrand” is van antibiotika en ander medikasie, herstel dikwels heeltemal na terapie. Baie eienaars gee hulle diere spesiale suurstof aanvullings en rapporteer dat hulle diere nooit siek word nie. Ontdek van hierdie metodes in die boek “Flood Your Body with Oxygen”

PLANT GESONDHEID EN SIEKTES
Die mees algemeenste oorsaak van siektes onder gesaaides en plante wêreldwys is ’n tekort aan suurstof.
Plante, huisplante, gewasse, gesaaides, ons kos, groente en vrugte, lewe slegs omdat hulle   aërobiese (suurstof-ryke) bakterieë het wat aan hulle wortels klou. Hierdie bakterieë neem die minerale uit die grond en vervoer dit na die plante om groei te bewerkstellig.   Hoe meer spesiale vorme van suurstof die plant kry, sodat die bakterieë kan vermeerder en meer minerale in die plante ingaan, hoe groter, gesonder en siekte weerstandiger word die plant. Tuiniere, boere en kommersiële verbouers wat oor die breër kennis beskik, gebruik spesiale vorme van suurstof op hulle plante. Lees meer in “Flood Your Body with Oxygen”   van hoofoorsake in plantsiektes en kos tekorte.